Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 15 OKTOBER 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

TELEFONE BUITE WERKING BY DIE NARS

BAIE GELUK AAN ZS1C

en

FINALE OPKNAPPING OP KLETSKOUS HIERDIE NAWEEK

Bly gerus ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

TELEFONE BUITE WERKING BY DIE NARS

Die telefone by die NARC het sedert Maandagmiddag nie gewerk nie. Die probleem is aan Telkom gerapporteer. Die e-posdiens is steeds in werking, aangesien die NARS 'n ADSL-lyn het.

BAIE GELUK AAN ZS1C

In die nuutste notering van 9 Band DXCC verskyn die naam van Raoul Coetzee, ZS1C. Raoul het 9 Bande op gelykgolf behaal om die eerste ZS1 te word en die vyfde radio amateur in Suid-Afrika om hierdie mylpaal te bereik.

Veels geluk Raoul!

SARL AMATEUR RADIO EREGALLERY NOMINASIES VIR 2018

Die SARL Amateur Radio eregallery eer indiwidue wat 'n beduidende bydrae tot amateur radio in Suid-Afrika gemaak het. Hul nagedagtenis word op 'n bladsy in die SARL-Webwerf verewig. Die bladsy is deur 'n skakel op die tuisblad bereikbaar.

Die eerste twee groepe Gallery-lede is in 2016 en 2017 ingelyf. Van 2018 af word 'n maksimum van een lewende en een oorlede lid per jaar ingelyf.

Nominasies sal van vroeg-Desember tot die einde van Februarie aanvaar word. Aanlyn-stemmery sal in Maart plaasvind.

Kyk gerus na die bestaande profiele op die Eregallery-bladsy en vorm idees oor nominante wat in 2018 ingesluit behoort te word. 'n Nominasie sjabloon sal op die Webwerf verskaf word wanneer nominasies open. Bestaande nominasies gee reeds 'n goeie idee van watter tipe feite solank nagevors moet word, sodat die finale nominasie opgestel kan word wanneer die tyd aanbreek.

FINALE OPKNAPPING OP KLETSKOUS HIERDIE NAWEEK

Die AMSATSA Kletskous span sal hierdie naweek besig wees met die finale opknapping op die CubeSat om dit gereed te kry om volgende Saterdag op BACAR te vlieg. BACAR is geskeduleer om 9 vm van ‘n vliegveld naby Secunda lanseer te word. Die transponder frekwensies is as volg: Oplaai 435,135 - 435,165 MHz met aflaai op 145,850 - 145,880 MHz.

Kletskous is a skare befondsde projek. Raak asseblief deel van die projek deur ‘n donasie aan die Kletskous fonds te skenk. Besonderhede en gereelde bywerkings kan gevind word op www.amsatsa.org.za. Alle skenkers word op die webtuiste erken.

Nog ‘n interessante vrag op BACAR is ‘n XinaBox (uitgespreek X- in- a-box) satelliet. XinaBox is ‘n vinnige Internet van Dinge en elektronika ontwikkelings oplossing sonder die vereiste vir soldeerwerk, bedrading of ander hardeware kennis ... slegs kodering! Ben Dixon, een van die ontwikkelaars van die XinaBox stelsel is van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en het by MEDO Space aangesluit om te help met hul STEM program. Dit het gelei tot die onwikkeling van die XinaBox.

Ben en sy span het projekte gevlieg met partytjieballonne en het reeds hoogtes van omtrent 8000 meter bereik. Op 21 Oktober 2017 gaan hul projek tot naby die ruimte wanneer BACAR 5 deur die Secunda Amateurradioklub lanseer word.

Die kern van die satelliet is die CR03 Lora Radio wat op 915 MHz werk. Dit is ook met ‘n sentrale prosesseerder toegerus om die kommunikasie te behartig en die vlugsagteware te bedryf. Die module is gebaseer rondom die RFM96W skyfie send/ontvanger met LoRa TM wat ultra-lang afstand wye spektrum kommunikasie voorsien. Die CR03 is aan ‘n PB04 gekoppel, ‘n intelligente battery oplossing wat ook die battery spanning en stroom sal meet. ‘n Aantal ander sensors word ook ingesluit. Die SWO-1, wat op die BME28 gebaseer is, meet temperatuur, humiditeit en druk. Ander sensors meet UVA, UVB, en versnelling. Op die grond sal die XinaBox span ‘n CW01 module gebruik, ‘n Wi-Fi prosesseerder wat al die data sal hanteer en die inligting na ‘n kibana bediener sal skryf.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

PROBEER 50 MHz SKEDULES GEDURENDE DIE WEERLIGSEISON

Die Johannesburg area is bekend vir sy laatmiddag weerlig storms en hierdie sal ‘n goeie tyd wees om met weerlig verstrooiing voortplanting te eksperimenteer. Slegs stasies buite die weerlig area sal kan deelneem aangesien antennas binne die area gegrond sal wees. Ons weet reeds dat duidelike FM uitsaai seine vir omtrent tien sekondes in Oos Londen gehoor is. Hierdie seine het in Durban ontstaan, ‘n afstand van meer as 450 km, na weerlig blitse tydens a verafgeleë donderstorm. Skedules behoort met amateurs buite die donderstorm area gereël te word. Roep vinnig CQ na ‘n weerlig blits of radio bars en luister gedurende die volgende bars ensovoorts. Dit sal interessant wees om uit te vind hoe rigting georiënteerd die geïoniseerde roetes van weerlig is. So wie gaan die uitdaging aanvaar en die eerste weerlig verstrooiing kontak maak op 50 MHz?

CQ HOU KOERS

CQ Hou Koers is Die Voortrekkers se nasionale amateur radio dag en vind plaas op Saterdag 21 Oktober met die meeste stasies aktief vanaf 08:00 tot 12:00 op 40 en 20 m en plaaslike herhalers. Dit oorvleuel met JOTA, daarom kan interessante gesprekke tussen jong Voortrekkers en Padvinders plaasvind. Doen gerus moeite om met die oulike kinders te gesels en hulle bloot te stel aan amateur radio. Die KLETSKOUS aktiwiteit bied verdere geleenthede. Ons hoop om baie radio-amateurs en jongmense op die lug te hoor. Navrae aan orionvoortrekkers@gmail.com

DIE TINUS LANGE 7066 TEGNIESE UITNEMENDHEID TOEKENNING

Die toekenning word jaarliks aan die SARL lid toegeken wat 'n tegniese projek in enige van die volgende kategorieë voorlê: Ontwerp en/of konstruksie van projekte soos 'n voorversterker, SWR brug, skakelkas, outomatiese IDer, praktiese antenna idees, mas, draagbare toerusting, kragbronne, ens., of
Enige sagteware vir gebruik in amateur radio

Die voorlegging moet die werklike items insluit (indien grootte en massa dit toelaat) of foto's (veral in die geval van antennas, maste, ens.,) en 'n volledige artikel met illustrasies/prente, gereed vir publikasie in Radio ZS. Alle inskrywings sal vertoon moet word (waar prakties, andersins, foto's) by die AJV en die toekenning sal by die jaarlikse Toekenningsdinee oorhandig word. Die toekenning is 'n geraamde sertifikaat en 'n kontantprys van R1 000.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 31 Januarie 2018 en moet gestuur word aan secretary@sarl.org.za.

BAKENNUUS

Graham Busse, ZS6GL, het nog 'n Suid-Afrikaanse Beaconeer-rekord opgestel. Hy het daarin geslaag om 661 'spots' in 'n tydperk van 24 uur te bekom deur sy 250 mW Ultimate3S baken te gebruik om oor ses bande te hop reguit in 'n G5RV-antenna. Baie geluk aan Graham en ons sien uit na jou volgende uitdaging! Enigeen wat belangstel om by die pret aan te sluit, is welkom om Leon Uys, ZR6LU, te kontak by 082 573 5580.

AMA DXPEDISIE NA SWAZILAND

Vincent, 3DA0VV, John, ZS6JON, Andrew, ZS6AVH, Bernie, ZS4TX, Dan, HB9CRQ, Sam, HB9COG, Chris, PA2CHR en Lins, PA3CMC is van 13 tot 18 Oktober op 'n AMA DXpedisie na Swaziland. Hulle is aktief op 6 en 2 m, 70, 23, 13, 9, 6 en 3 cm as 3DA0MB op gelykgolf en JT65. QSL via PA3CMC, direk of via die buro. Lees meer op www.pa3cmc.nl

STANAG-4285 OP 40 M

Die nuusbrief van die IARU Streek 1-moniteringstelsel berig dat 'n Stanag-4285 uitsending vir verskeie dae op 7 001.8 kHz verskyn het. Dit word geglo dat dit in Istanbul, Turkye geleë is. Hulle het ook opgemerk dat iemand op 14 001.0 gelykgolf om 1710 UTC op 26 September 'n lus "vryheid vir Katalonië" gestuur het.

Die Internasionale Amateurradiounie Moniteringsstelsel (IARUMS) Streek 1 September 2017 nuusbrief kan gelees word by www.sarl.org.za/public/monitor/monitor.asp

HF VOORTPLANTING VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid vir 'n paar 10 m openinge. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, die dagboek van gebeure vir die volgende paar weke:

20 tot 22 Oktober - Jamboree op die Lug
21 Oktober - die Radio Amateur Eksamen, CQ Hou Koers en die Kletskous/BACAR vlug
28 - 29 Oktober – CQ WW DX ESB kompetisie
4 November – RaDAR Uitdaging en die SDR Werkswinkel in Kaapstad
5 November – die PEARS HF kompetisie
18 November – die SDR Werkswinkel by die NARS

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Die telefone by die NARC het sedert Maandagmiddag nie gewerk nie. Die probleem is aan Telkom gerapporteer. Die e-posdiens is steeds in werking, aangesien die NARS 'n ADSL-lyn het.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003